on air now
Magic Music Mix
up next
Up Next
Carly Fields
on air now
NOW PLAYING
Magic Music Mix
up next
Up Next
Carly Fields
 

"The Office" kry Afrikaanse weergawe


BBC Studios Showmax het Vrydag 'n nuwe formaatooreenkoms aangekondig om ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die internasionale trefferreeks, The Office, gelisensieër deur BBC Studios, op beide Showmax en kykNET, DStv se Afrikaanse kanaal, te loods. Dié Showmax Original sal plaaslik deur Rapid Blue vervaardig word. Rapid Blue vorm deel van BBC Studios se internasionale versameling produksiemaatskappye.
Die wêreld is meer as 20 jaar gelede aan die wonderlike somber mokumentêre wêreld van The Office, geskep deur Ricky Gervais en Stephen Merchant, bekendgestel. MetaCritic lys dié Britse weergawe steeds as die komediereeks met die beste resensies van alle tye. Dít terwyl die Amerikaanse weergawe vyf Emmys gewen het, waaronder die toekenning vir beste komediereeks. Dit was ook die reeks met die hoogste stromingsyfer ter wêreld in 2020. 
  
Die reekse se universele lokkrag het daartoe gelei dat dié BAFTA- en Golden Globe-bekroonde kultuskomedie vir gehore reg oor die wêreld herskep is. Daaronder tel plaaslike weergawes vir Australië, Frankryk, Kanada, Chili, Israel, Indië, die Midde-Ooste en Pole. Die Suid-Afrikaanse weergawe van The Office, nog ongetiteld, is die 14de verwerking van die formaat en sal hoofsaaklik in Afrikaans verfilm word.