Tweede Sitrus Beraad in Port Elizabeth gehou

11:00 (GMT+2) Wed, 15 Mar 2017

Toegang tot nuwe en bestaande markte was hoog op die agenda by die tweede Sitrus Beraad van die Sitrus Groeiersvereniging wat aan die begin van Maart in Port Elizabeth plaasgevind het.

Die beraad word elke twee jaar gehou, en tydens dié geleentheid vergader sitrusboere, landbou studente en ander rolspelers om kritiese inligting oor die bedryf te bekom.

Die Beraad, wat by die Boardwalk Hotel en Konferensiesentrum plaasgevind het, skep 'n platform om verskeie onderwerpe te bespreek, insluitend die huidige politieke en ekonomiese landskap.

 Deon Blume het tydens die beraad met die voorsitter van die Sitrus Groeiersvereniging, Pieter Nortjé oor die beraad en die bedryf in die besonder gesels.



Podcasts

MORE POSTS