Agri SA praat oor nuwe nasionale minimum loon

12:00 (GMT+2) Wed, 22 Feb 2017

Adjunk-President, Cyril Ramaphosa het in Februarie-maand 'n aankondiging gemaak oor die lang verwagte nasionale minimum loon.

Hy het aangedui dat dit na twee jaar van onderhandelinge volg wat op verskeie vlakke plaasgevind het.

Die nuwe verhoogde minimum loon van R20 per uur vir werkers wat tussen 40 en 45 uur per week werk, tree op 1 Mei 2018 in werking.

Die voorsitter van Agri SA se Beleidskomitee vir Arbeid, Neil Hamman sê dit bring sekerheid vir die landbou oor die vergoedingsvlakke wat in die volgende jaar betaalbaar sal wees,.

Hamman sê Agri SA ag die arbeidsmag in die landbousektor van onskatbare waarde, en die sektor word tans nog in baie dele van die land geaffekteer deur die droogte en verskeie boere moet nog herstel van die impak hiervan.

 Hy sê die sektor herstel ook nog van die groot verhoging in vergoedingsvlakke wat in 2013 ingestel is.


Podcasts

MORE POSTS